ʼn Vroulike polisiebeampte is deur ʼn groep mans verkrag kort nadat sy van diens af gekom het.
The Daily Voice berig dat die groep mans die beampte voor haar huis in Khayelitsha in die Wes-Kaap aangeval het. Die aanvallers het die 36-jarige beampte in haar motor gedwing, saam haar ingeklim en haar van haar handsak beroof. Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan die koerant gesê die mans het die beampte hierna in haar huis ingedwing en om die beurt verkrag. “Drie mans is in hegtenis geneem, onderskeidelik 17, 19 en 20 jaar oud.”
Barbare!