Drie vas wat glo veiligheidswagte beroof

handcuffs3-320x257Drie mans is Dinsdagaand in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle glo twee sekuriteitsbeamptes van hul selfone en dienswapens beroof het.

Lt. Nkosikho Mzuku, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê polisiebeamptes, wat roetinepatrollie in Mdantsane gedoen het, het kort ná die voorval die verdagtes in hegtenis geneem. Hulle het die sekuriteitsbeamptes se 9mm-vuurwapens en selfone verhaal.

“Die polisie het die verdagtes ontwapen en ook beslag gelê op ‘n rewolwer en ‘n speelgoedgeweer,” het Mzuku gesê.

Die verdagtres word aangekla van gewapende roof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Hulle moet binnekort in die Mdantsane-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.