Drie verdagtes vas ná moord op egpaar

Drie mans in hegtenis geneem na die moord op ʼn egpaar van Tongaat in KwaZulu-Natal.

ʼn Polisiewoordvoerder, kol Jay Naicker, sê ʼn 26-jarige man is Woensdagoggend in Burbreeze in hegtenis geneem. “Die ander twee verdagtes is tussen 21 en 26 jaar oud en is die middag in hegtenis geneem.” Naicker sê ʼn mes, twee vuurwapens en bloedbevlekte klere is in die 26-jarige verdagte se besit gevind. Balaram Reddy (56) en sy vrou Maliga (52) is op 22 Desember in hulle slaapkamer oorval en doodgeskiet. Die egpaar se seun Nivashin (27) is in die rug geskiet en verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Die gesin het glo geslaap toe drie gewapende mans ʼn agterdeur oopgebreuk het en toegang tot die huis gekry het. Die drie mans sal Vrydag in die Tongaat landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.