Drie vermeende lede van bloulig-bende vasgetrek

Drie vermeende lede van ʼn bloulig-bende is Dinsdag in Heidelberg in hegtenis geneem.

Lt. kol. Lungelo Dlamini sê die drie mans was glo by verskeie rooftogte betrokke en het hulself glo as polisiebeamptes voorgedoen. Die mans, tussen 25 en 30 jaar oud, het glo Maandagaand ʼn sakeman beroof en met ʼn onbekende bedrag geld en ander goedere in ʼn Opel Corsa bakkie gevlug. Die voertuig is verlede maand in Villiers in die Vrystaat gekaap. Die polisie het beslag gelê op ʼn blou lig, twee rewolwers, ʼn pistool en vervalste nommerplate. Die verdagtes sal Woensdag in die Heidelberg landdroshof verskyn op aanklag van roof en die besit van ʼn gesteelde voertuig en ongelisensieerde vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.