Drie vermeende rowers doodgeskiet

Argieffoto

Sekuriteitswagte het Vrydag drie mans doodgeskiet nadat hulle glo by ʼn besigheid in Meadowdale aan die Oos-Rand van Johannesburg ingebreek het.

“Die verdagtes is vroeg Vrydagoggend doodgeskiet ná ʼn groep mans by ʼn onderneming in Albert Amonstraat ingebreek en rekenaars gesteel het,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. “Terwyl hulle van die toneel wou vlug het sekuriteitswagte hulle voorgespring.”

Een van die wagte is tydens die skietery beseer. Een man het van die toneel gevlug.

Al die rekenaars is opgespoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Fanie Schoeman ·

Net maar nog n misdaadvoorval met noodlottige gevolge.Besef hierdie kriminele nie dat sulke dade hul sowel die polisie asook publiek se lewens in gevaar stel nie?Klaarblyklik nie.Leer hulle nie deur andere se duur foute nie?Blykbaar ook nie dit nie.Omstandighede wat tot skietery aanleiding gegee het is nie aan my bekend nie,maar die prys betaal was veel meer as die van enige rekenaar!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.