Drie vermeende rowers ná wilde jaagtog doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans is Sondagaand dood ná ʼn skermutseling met die polisie in Braamfontein, Johannesburg.

Kapt. Doniah Mothutsane, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê lede van die blitspatrollie het omstreeks 20:00 drie mans in ʼn Toyota Quantum in Westdene genader. “Die verdagtes het probeer wegjaag en die polisie het hulle agtervolg,” het Mothutsane gesê.

Ná ʼn wilde jaagtog deur Johannesburg se strate het die verdagtes in Braamfontein teen ʼn ander voertuig gebots, waarna hulle tot stilstand gekom het. “Die verdagtes het op die polisie begin skiet en die polisie het teruggeskiet. Een van die verdagtes is op die toneel dood. Die ander twee is later in die hospitaal dood.”

Volgens Mothutsane het die polisie beslag gelê op ʼn onbekende hoeveelheid geld en goedere wat vermoedelik by ʼn winkelsentrum in Westdene gesteel is. Die polisie ondersoek ʼn saak van besigheidsroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.