Drie verskyn oor bestuuderslisensie-bedrog

Bestuurderslisensie Foto: www.services.gov.za

Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle by ‘n bestuurderslisensie-slenter betrokke was, se borgaansoek is Dinsdag in die landdroshof in Kemptonpark afgekeur.

Wilfred Kgasago, hoof superintendent van die metropolisie in Ekurhuleni, het gesê die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. ‘n Nuwe hofdatum was nie dadelik beskikbaar nie.

‘n Taxibestuurder is Donderdag in Kemptonpark in hegtenis geneem nadat hy ‘n vervalsde bestuurderslisensie aangebied het. “Die bestuurder het die polisie na twee internetkafees gelei waar hulle beslag gelê het op rekenaars, drukkers, skandeerders, amptelike stempels en dokumente (blanko vorms vir voertuigregistrasies en bestuurderslisensies),” het Kgasago gesê. Die polisie het die internetkafees wat aan die mans behoort het, gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.