Drie voertuie bots na man bewussyn verloor

Foto: ER24

ʼn 52-jarige man het Dinsdagoggend in Knysna glo sy bewussyn verloor terwyl hy bestuur het en ʼn botsing van drie voertuie veroorsaak.

Volgens Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk in Marineweg in Paarden Eiland plaasgevind. “Volgens ʼn ooggetuie het die man sy bewussyn verloor. Paramedici het die man uit die voertuig gehaal en behandel. Hy is op ʼn draagbaar geplaas en vir gebreekte ribbes behandel. Hy is op die toneel gestabiliseer en na die ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Banks gesê.

Volgens Bank is dit nog nie bekend wat daartoe kon lei dat die man sy bewussyn verloor het nie. Die polisie ondersoek of dit medies van aard is en of ander faktore tot die ongeluk bygedra het.

Niemand anders is in die ongeluk beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.