Drie vroue gevang wat glo bordeel in George bedryf

Drie vroue wat glo ʼn bordeel in George bedryf, is Saterdag in hegtenis geneem.

Kaptein Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, sê die drie vroue is al drie van Sjina. “ʼn Lid van die Suid-Afrikaanse polisie het as ʼn potensiële klant opgetree waarna seks in ruil vir geld aangebied is,” het sy gesê. Die bordeel was uit ʼn privaatwoning bedryf, berig IOL. Hulle sal na verwagting Maandag in die landdroshof in George verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.