Drie vroue in hof oor man se aanranding

hofhamertjie-2-320x264

Argieffoto

Drie vroue, wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn man in Soweto aangerand het, het Woensdag in die Meadowlands-landdroshof verskyn.

“Die vroue, onderskeidelik 29, 54 en 58 jaar oud, is op ʼn waarskuwing vrygelaat en hulle moet op 22 Januarie weer in die hof verskyn,” het konstabel Sibusiso Chauke, woordvoerder van die polisie, gesê.

Hulle het die man glo Saterdagaand aangeval.

“Die man het in Zone Three in Meadowlands gestap toe hy een van die vroue teëgekom het. Sy het hom daarvan beskuldig dat hy haar kind aangerand het, maar hy het dit ontken,” het Chauke gesê. “Sy het hom begin aanval en omstanders het haar ondersteun. Hulle het hom met hul hande aangerand en een het ʼn baksteen gebruik. Die slagoffer het beserings opgedoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.