Drie veiligheidswagte is Woensdag deur gewapende mans by ʼn winkelsentrum in Bedfordview, aan die Oos-Rand van Johannesburg, beroof.
Volgens lt.kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, het die verdagtes op die veiligheidswagte toegeslaan toe hulle geld by die sentrum gaan oplaai het. “Die verdagtes het in ʼn wit Toyota-bakkie met ʼn onbekende hoeveelheid kontant van die toneel gevlug,” het Mogale gesê.
ʼn 40-jarige man is ongeveer ʼn uur ná die rooftog in hegtenis geneem. ʼn Ongelisensieerde vuurwapen is in sy besit gevind.
Die ondersoek duur voort.