Drie wat in boottragedie sterf se name bekend

Bronkhorstspruitdam. Foto: www.dwa.gov.za

Die drie mense wat Maandag dood is in ʼn fratsongeluk met ʼn motorboot op die Bronkhorstspruitdam se name is bekend.

Beeld berig dat Eddie dos Santos (42), Ramon da Costa {17) en Mikaela de Aruajo (16) van die motorboot geslinger is nadat Dos Santos glo ʼn skerp draai gemaak het. Die boot het buite beheer geraak en bo-oor hulle gery. Dos Santos se peetkind, Claudia Barros-Botha (25) en haar manie Gawie Botha (29) is met ʼn tou op ʼn opblaas-stoel agter die boot gesleep. Hulle is nie beseer nie. Da Costa is die seun van ʼn jare lange vriend van Dos Santos. De Aruajo is Da Costa se vriendin. Da Costa sou later die maand met sy matriekjaar begin het. Dos Santos laat sy vrou en ʼn 22-jarige seun agter. Die voorval word ondersoek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.