Drie in winkel aan die brand gesteek

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is Sondag tydens ‘n sakeroof in Mahikeng in die Noordwes aan die brand gesteek.

“’n Winkeleienaar, sy suster en sy skoonsuster is in die Carrot King-winkel aan die brand gesteek nadat hulle van geld en selfone beroof is,” het sers. Kelebogile Moiloa, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die mans het glo die winkel, wat deur Chinese besit word, betree en geld van die eienaar geëis. Nadat hulle die geld ontvang het, het hulle petrol oor die drie mense uitgegooi en hulle aan die brand gesteek. “Hulle is na Bophelong-hospitaal geneem waar hulle om hul lewens veg,” het Moiloa gesê.

Die polisie is op soek na die verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jasper ·

Vandag verneem dat Tant Miem Robberts, haar man en swaer aangeval is by Mooinooi waar hulle gekuier het. Hulle is met warm kookolie gemartel en sy is oorlede.
Wat ek nie weet nie, is of dit tant Miem van Leon Schuster faam is nie.

leana ·

Jasper, nee, ek twyfel of dit sy is. Het gehoor sy is al jare terug oorlede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.