Drie wolwe geskiet ná hulle uit dieretuin ontsnap

Wolwe by die Colchester-dieretuin in Engeland

Wolwe by die Colchester-dieretuin in Engeland

Een wolf het Dinsdag paniek gesaai in die suide van Engeland toe ʼn groep van vyf wolwe uit ʼn dieretuin ontsnap het.

Die groep wolwe het Dinsdagoggend vroeg deur ʼn beskadigde heining uit hul kamp by Colchester-dieretuin na die ooste van Engeland ontsnap.

Twee is net ná die ontsnapping doodgeskiet. Een van die wolwe het teruggekeer en een is met ʼn verdowingsmiddel geskiet en aangekeer.

Een van die wolwe het egter ure lank op vrye voet gebly. Mense in die omgewing is gewaarsku om klein kindertjies by die huis te hou en die polisie het die gebied met ʼn helikopter gefynkam.

Die dier is Dinsdagmiddag omstreeks 16:00 opgespoor en van kant gemaak.

Bewaarders by die dieretuin was glo “platgeslaan” deur die verlies aan die wolwe. Die dieretuin het in ʼn verklaring gesê dat dit sowat 15 minute duur voordat ʼn verdowingspyl inskop “en werk soms nie op ʼn dier wat onder druk verkeer nie”. Drie van die wolwe moes gevolglik geskiet word.

Die dieretuin sê dit is nog nie duidelik hoe die heining beskadig is nie. Die heining word glo daagliks nagegaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.