Driejarige het in motor versmoor

Betogers by Relela in Limpopo Foto: Suid-Afrikaanse Polisiediens, Facebook

Betogers by Relela in Limpopo Foto: Suid-Afrikaanse Polisiediens, Facebook

ʼn Driejarige seuntjie wat dood aangetref is in ʼn motor in Limpopo, het versmoor.

“ʼn Nadoodse ondersoek het bepaal dat Tsephi Makgopa Mulaudzi, wie se lewelose liggaam in die motor van ʼn sakeman by Kubjana naby Relela opgespoor is, versmoor het,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. “Geen liggaamsdele word vermis nie.”

Mulaudzi sê hulle vermoed nie vuilspel nie. Die motor se eienaar, ʼn plaaslike sakeman, het Woensdagaand op die kind se liggaam afgekom toe hy sien sy motor se ligte brand. Hy het daarna die polisie ontbied, het lt.kol. Moatshe Ngoepe in daardie stadium gesê.

Die seuntjie was een van drie kinders wat hulself in die motor toegesluit het. Hulle het ure lank in die motor gespeel voordat die eienaar van die motor van die werk af by die huis aangekom en op hulle afgekom het. Die twee ander kinders is ongedeerd.

Inwoners van Kubjana het die motoreienaar se eiendom Donderdag aan die brand gesteek. Lt.kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die inwoners het hom daarvan beskuldig dat hy die kinders ontvoer het en dat hy hul liggaamsdele vir moetie wou gebruik.

“Hulle het sy huis, motor en winkel afgebrand. Die polisie het die sakeman en sy familie na ʼn plek van veiligheid geneem. Inwoners het ook polisievoertuie met klippe bestook. Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om die skare te verjaag,” het Otto bygevoeg.

Volgens Mulaudzi sal ʼn geregtelike doodsondersoek na die hof gestuur word om te bepaal of enigiemand vir die kind se afsterwe verantwoordelik gehou kan word. “Dié ondersoek sal ook bepaal hoe en waarom die kinders hulself in die motor toegesluit het,” het hy gesê.

Intussen het die polisie nog steeds geen leidrade oor die moord en verminking van Kgomotso Ragolane (15) van Relela nie. Sy is verlede Vrydag dood aangetref. Haar regterhand is afgesny en haar selfoon en huissleutels is in haar oopgesnyde maag geplaas. -SAPA

Lees ook:
Limpopo-betogers eis toegangsfooi ná chaos by informele nedersettings uitbreek
Kleuter se liggaam in motor gevind
“Hy wou net Malema ontmoet”
Polisie skiet glo 2 wat betoog oor vrou se gru-dood
Sesde polisie-skietdood vir jaar ná vrou se wrede moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.