Driejarige se lyk gekry; ma vas

Mikaeel Kular

Mikaeel Kular

‘n Ma van Skotland is in hegtenis geneem nadat haar driejarige seuntjie verdwyn het en sy liggaam later gevind is.

Mikaeel Kular (3) se lykie is Vrydagaand kort voor middernag gevind, enkele kilometers van sy huis in Edinburgh. Dit het gevolg na ‘n uitgebreide lug-, grond- en seesoektog deur die polisie met meer as 200 vrywilligers wat ook by die soektog aangesluit het nadat Mikaeel Woensdag vermis geraak het. Die polisie het Saterdagoggend aangekondig dat sy lykie gevind is en dat iemand in hegtenis geneem is in verband met sy dood. Volgens mediaberigte is dit sy ma Rosdeep Kular. Mikaeel is glo een van ‘n tweeling en het glo ook nog drie broers en susters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sylvia ·

hoe kan jy jou eie kind vermoor en dit is so pragtig seuntjie sies vir jou en jy noem jouself n ma

AmY ·

Hoe kan jy jou eie kind vermoor of laat vermoor? En finansieële probleme is nie ‘n verskoning nie (as dit dalk die geval is).

Ek voel jammer vir die ander kinders vir wanneer die ma tronk toe gaan, maar sy moes daaraan gedink het, voordat sy van haar drie-jarige ‘ontslae gerak het’.

Sluit haar toe, en gooi die sleutel weg!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.