Driejarige sterf in botsing

Foto: Netcare911

ʼn Driejarige meisie is dood en ses ander mense beseer in ʼn botsing reg van voor naby Durban, KwaZulu-Natal.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die botsing het Sondagmiddag in KwaMashu, noord van Durban, plaasgevind. Botha sê die motor waarin die driejarige meisie en haar ouers was, het reg van voor teen ʼn ander motor gebots. “Paramedici het onmiddellik mond-tot-mond-asemhaling op die kind toegepas maar sy is op die toneel dood.” Botha sê vier ander mense is ernstig beseer in die ongeluk en is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.