Driejarige sterf na hy van pa se bakkie val

Reiner le Roux. Foto: Facebook

Reiner le Roux (3) is vroeg vanoggend oorlede nadat hy verlede Maandag in Mosambiek van sy pa se bakkie geval en op sy kop beland het.

Familie van Reiner het vanoggend op ʼn Facebook-blad vir hom sy dood bevestig. “Klein Reiner le Roux is vanoggend in die nag van ons af weggeneem. Hy is by ons Here Jesus. Hou ons asb. in julle gebede.” Reiner het glo omstreeks 1:30 vanoggend ʼn hartaanval gehad. Reiner het Donderdagaand breinchirurgie ondergaan in die Garden City-hospitaal in Johannesburg maar het sedertdien bykans geen breinfunksie gehad nie en is deur masjiene aan die lewe gehou. Dokters moes twee “venstertjies” in sy skedel sny om die drukking te verlig. Reiner het verlede Maandagmiddag van sy pa, Jaco, se bakkie geval. Jaco en sy vrou, Inge, doen sendingwerk in Inhambane in Mosambiek. Die gesin se twee ander seuns, Ernan (9) en Lander (7), het saam agter op die bakkie gesit. Die bak het tralies reg rondom. Reiner het op sy kop geval en was bewusteloos. Jaco en Inge het met hul seuntjie na die hospitaal in Inhambane gejaag. Die hospitaal kon egter nie die nodige sorg aan Reiner verskaf nie en die Le Rouxs het hom in hul motor gelaai en na Maputo gery waar paramedici van ER24 met ʼn vliegtuig op hulle gewag het. Reiner se hart het gaan staan kort nadat hulle in Maputo aangekom het maar paramedici kon daarin slaag om dit weer aan die gang te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Bets Joubert ·

Ai! my hart gaan uot na julle, weet net dat die HERE julle in die holte van SY hande hou! En bly net vashou aan HOM om julle hierdeur te dra!Sterkte….. en wat kan ek meer se, wens ek kon dit vir julle help dra, n stywe drukkie vir elkeen van julle!

LILLY DE BEER ·

My hart gaan uit na julle, ek bid God se liefde en vertroosting toe op julle! Mag julle as gesin berus by God se besluit!

Ria en Johan Koekemoer ·

Inge en Jaco en die twee kinders

Dis baie hartseer en die hele land staan jul by. Soms vra mens vrae maar die antwoord le by God!
Renier was aan jul geleen.

Hiermee ons innige meegevoel aan julle, die famielie en vriende.
Jaco, jou nooit verwyt nie asseblief. Dit was n ongeluk en nie jou skuld nie. Onthou jy die storie van
Faith like potato’s?

Ek en my man sal baie graag die roudiens wil bywoon indien moontlik. Ons het self n 8 jarige seunyjie verloor

Sterkte en God se liegde sal oor jul wees.

Ria koekemoer
072 890 5300

Lizan ·

Ek is so ongelooflik jammer vir julle. Bly net glo en vashou aan God om julle in hierdie hartseer tyd te dra.

Lizette Hugo ·

My innigste meegevoel en simpatie met die Le Roux familie.
My hart gaan regtig na hulle uit. Die Here se wee is nie ons wee nie.

Mag Jesus julle styf vashou in hierdie tyd. Klein Renier was ‘n pragtige seuntjie, maar hy is nou by Jesus.

willa ·

ai dis baie baie erg…my hart bloei vir die gesin,en elke keer as ek die berig sien wil ek net tjank..ek het self 5 jarige seuntjie,en ek kan my nie daar indink aan die pyn wat jul nou moet deurmaak nie…baie sterkte..hy was pragtige blommetjie,en ons PA het hom sekerlik nou nodiger in SY tuin..ek dink baie aan jul..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.