Driejarige val na sy dood

Foto: Rekord

Foto: Rekord

‘n Driejarige seuntjie is Maandagmiddag dood nadat hy ses verdiepings ver uit ‘n woonstelgebou in Pretoria geval het.

Xander Loubser, ‘n woordvoerder en paramedikus van Best Care, het Dinsdag aan Rekord gesê die seuntjie was glo sonder toesig gelaat toe die voorval plaasgevind het. Die kind was na bewering in die sorg van sy oom gelaat, maar die oom het die kind glo by die huis gelos terwyl hy iets gaan koop het om te drink.

“Toe ons by die toneel opgedaag het, het ons die kind op die sypaadjie aangetref,” het Loubser gesê. “Die kind het erge kopbeserings opgedoen. Ons het vir meer as 30 minute lank gespook om die kind te stabiliseer, maar moes hom op die toneel dood verklaar.” Volgens Loubser was hulle nog besig om die kind te probeer red, toe die oom daar opgedaag het.

Kapt. Agnes Huma, ‘n polisiewoordvoerder, het aan Rekord gesê die kind het oor die sesde verdieping se reling geval terwyl hy met ‘n fiets gery het. “Hy het saam met vriende gespeel en op die fiets geklim, waarna hy oor die reling na sy dood geval het,” het Huma gesê.

Die polisie ondersoek die voorval en of die oom strafregtelik vervolg gaan word.

Bron: Rekord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

sylvia ·

wat gaan aan met die groot mense wat nie na die kinders kan kyk nie? hoe los jy n 3 jarige kind alleen op so hoe gebou in elk geval en dan koop jy koeldrank dis mos nie so erg net gou om die kind saam te gevat het nie en glo my jy gaan nou seker nie eers daardie koeldrank drink nie want jy gaan tronk toe. ek hoop die ouers van hierdie kind sal jou nooit vergewe nie.

Amanda_Olivier ·

Ek kani glo dat n volwasse persoon so onverantwoordelik is nie! In my oe is dit moord!!!

Ezette ·

Dit is verskriklik, voel so onsaglik jammer vir daardie ouers. EK hoop daardie OOM kry wat hy VERDIEN!! Sies man!!!

Ria Maritz ·

Sonder om sinies en ongevoelig te klink – nog ‘n geval waar ‘n klein kindjie in die hande van ‘n ander, AL IS DIT DIE OOM, gelaat word. Wens eerlikwaar mense wil ophou om almal, selfs familie te vertrou.

Rus in vrede kindjie, sterkte aan die ouers.

lientjie ·

Ek se dit was onverandwoordelik van die oom hy kon die seuntjie saam hom gevat het. Ek se dat hy aangekla moet word vir nalatigheid en moord want ‘n kind van 3 kan nog nie vir hom self besluit of na homself kyk nie.

Elizabeth ·

Liewe ouers wat gaan oz nog hoor “ASB BRING DI DOODSTRAF TRUG” hoeveel kids gaan nog iets oorkom deur onosele ouers of mense wat na hule omsien laat hule ook vrek gemaak word stadig maar seker laat hule ly di gemors goed

Elsie Wallace ·

Dis baie erg. Mense kan nou ma verwyt. Maar ouers het die Oom vertrou. Hoekom sal net hul weet. Maar mense gee eder jul simpatie as verwyte. Al wat ek wil se is. Mamma , Pappa ons dra jul op in ons gebede. Die seer om n kind te verloor is erg. Jul moet net vas hou aan ons Vader en jul dal eendag die andwoord kry hoekom. Hou vas aanmekaar se liefde want dit is wat jul stande gaan hou.

AmY ·

Weer ‘n oom wat na die kind moes kyk? En van wanneer af los jy kinders alleen by die huis en gaan ‘koop gou’ vrugtesap? Nee hel man!!! Gebruik jou verstand!!!

Petro Conradie ·

Hu kan volwasse mense so nalatig wees kla die oom aan want dis seker drank wat so belangrik was laat hy die kind sonder toesig gelos het Kan jy dit glo

Sanet van der Bank ·

Van wanneer af is drank belangriker as om na ‘n kind te kyk. Met ander woorde as die kind nie na sy dood geval het nie sou die oom voor die kind gedrink het en dalk nog hardhandig met die kind geraak het. Ek sien dit ook as moord. Hy moet vir moord aangekla word.

Michelle ·

Dit is baie sad wat gebeur het. Shame hoe moet die ouers van dai arme bloedtjie nie voel nie. Ek kan nie glo mense los hulle kinders alleen by die huis nie. Of in ander se sorg wat onbekwaam is om na hulle te kyk nie. Tronk toe OOMPIE!!!!

riana ·

Hoe hoe ? Ai wat weet n 3jarige kind ?ek kan so kwaad word vir ouers wat nie na hul kinders kyk nie dus nou wel die oom se skuld maar hoe los jy n 3 jarige by n oom wat nie kan dink ?

s pienaar ·

Hoeveel onskuldige kinders moet nog sterf omdat d ma’s nie na hul kinders kan kyk nie en hlle by enige Jan Rap n sy maat los.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.