Driejarige van Potch sterf ná sy uit voertuig geslinger word

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Driejarige dogtertjie is Maandagoggend op die R53-pad buite Potchefstroom in ʼn ongeluk oorlede.

Volgens Gerhard Engelbrecht, ʼn paramedikus wat op die toneel was, het die dogtertjie se ma, van Ventersdorp onderweg na Potchefstroom, beheer oor die voertuig verloor. Die motor het omgeslaan en sy is uit die motor geslinger.

Engelbrecht sê die dogtertjie se liggaam is langs die pad aangetref. “Sy is op die toneel dood,” het Engelbrecht gesê.

Hy sê die vrou het op-en-af langs die wrak geloop en haar twee maande oue babatjie in haar arms vasgeklou. “Die baba het erge kopbeserings opgedoen en is in ʼn onstabiele toestand. Sy is na die MediClinic Potchefstroom geneem vir verdere behandeling.

Die ma het geringe beserings opgedoen en is na die Potchefstroom-hospitaal geneem vir behandeling en waarneming.

Die polisie ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

GawieM ·

So onnodig, is dit nie? Dan kom die verwyte ook nog. Baie sterkte vorentoe.

Ria Maritz ·

Engelbrecht sê die dogtertjie se liggaam is langs die pad aangetref. “Sy is op die toneel dood,” het Engelbrecht gesê.

Hy sê die vrou het op-en-af langs die wrak geloop en haar twee maande oue babatjie in haar arms vasgeklou. “Die baba het erge kopbeserings opgedoen en is in ʼn onstabiele toestand. Sy is na die MediClinic Potchefstroom geneem vir verdere behandeling.

***

Die babatjie is dan oorlede .. neem aan dis net ‘n oorsig aan Maroela se kant.

Ek wens dit vir geen moeder (of enige ouer) toe nie – dit moet hartverskeurend wees.

Paul ·

Die een kind was drie jaar oud en is op die toneel dood. Die ander kind is twee maande oud en is hospitaal toe geneem.
Sekerlik darem nie so moeilik om te begryp nie?

sylvia ·

jis dis hartverskeurend om die artikel te lees,sterkte vir die familie van hierdie gesin my gebede is saam julle

Jean ·

Ria Maritz die 3 jarige is op die toneel dood, die 2 maande oue baba het erge kopbeserings opgedoen en is in ʼn onstabiele toestand. Dis baie hartseer…. my gebede is met die familie.

Ria Maritz ·

Baie dankie Jean vir die reghelp … ek was so ontsteld, die 3-jarige skoon misgelees en aangeneem dis die 2-maande oue babatjie wat gesterf het. Nietemin, dit is sekerlik die seerste seer wat ‘n ouer kan deurgaan, die verlies van ‘n kind, mens kan net bid vir krag en vertroosting vir hierdie ouers.

Linda ·

Baie hartseer – Was die kinders vasgemaakin hulle veiligheids stoeltjies?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.