Driejarige verdrink in huisswembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Driejarige seuntjie is dood nadat hy Sondagmiddag in ʼn huisswembad in Pinetown, KwaZulu-Natal, verdrink het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê ʼn gesinslid het die kind omstreeks 18:00 in die water sien dryf en om hulp geroep.

“Die kind is uit die water gehaal en ʼn buurman het mond-tot-mond-asemhaling op die kind toegepas totdat paramedici by die toneel opgedaag en oorgeneem het,” het Botha gesê.

Paramedici het met gevorderde lewensreddingswerk begin en vir langer as ʼn uur tevergeefs probeer om die seuntjie by te bring. Hy is op die toneel dood verklaar.

Dit is nie bekend hoe die kind in die swembad beland het nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Justi ·

Nog n lewe weg! Dis hartseer. Verstaan nie waarom ouers nie die swembad omhein en die hek sluit nie. Daar was seker nie n net oorgespan nie?
Kinders kan so vinnig en stilletjies verdwyn onder mens se oe uit.

Daan ·

Swembadeienaars moet net die basiese veiligheid toepas logies sal dit nie gebeur nie.

leon ·

More Justi, Daan. Volgens wet moet jou swembad omhein wees met n veiligheids hek wat outomaties op klip gaan. Maar ek het vergeet ons bly in Suid Afrika. My innige simpatie met sy familie.

Seg ·

Sien hier is iemand besig om met homself te praat.

Elke munisipaliteit het sy eie regulasies, behalwe die wetgewing, wat maar power is, om swembaddens te beveilig. Daar moet ook inspeksies gehou word deur die verskillende munisipaliteite om seker te maak dat die wet en regulasies nagekom word.. Dit word egter nie gedoen nie.
Dit is nou maar die begin van somer en mense sal baie versigtiger moet wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.