Dringende mosie om SAR-troepe te onttrek

Oorskot van die gevalle SAR-soldate word by Waterkloof-lugmagbasis aan hul families oorhandig. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Maandag gesê hy gaan ‘n dringende parlementêre mosie ter tafel lê om pres. Jacob Zuma te dwing om alle Suid-Afrikaanse soldate uit die Sentraal-Afrikaanse Republiek te onttrek.

David Maynier, DA-woordvoerder oor verdediging, het gesê die troepe wat glo na die Demokratiese Republiek van die Kongo en Uganda gestuur is in operasies wat aan die SAR-missie verbind word, moet ook onttrek word. Dertien Suid-Afrikaanse soldate is verlede maand tydens ‘n skermutseling met rebelle in die SAR oorlede.

Helen Zille, leier van die DA, het gesê die manier waarop die troepe ontplooi is en die motivering vir die sending moet ontbloot word, aangesien beide na ‘n politieke skandaal dui.

Zille sê die regering versuim om berigte dat Chancellor House, ‘n ANC-beleggersonderneming, sakebelange in die mineraalryke SAR het, te erken of te ontken.

Die DA sê hy doen ‘n beroep op die speaker Max Sisulu dat die mosie binne die volgende week aangehoor kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.