‘Dronk, bedwelmde’ seun van verdrinking gered

Waylin de Vos (15) van Tafelbaai is Woensdag van verdrinking gered.

“Die seun is per ambulans na Somerset-hospitaal geneem,” het Wilfred Solomon-Johannes, woordvoerder van Kaapstad se rampbestuureenheid, gesê. “Die pasiënt was vermoedelik onder invloed van alkohol en dwelmmiddels.”

Volgens Solomon-Johannes is twee ander kinders ook Woensdag van verdrinking gered.

Die eenjarige Nick Sumba het Woensdagmiddag by Muizenberg in die moeilikheid beland. “Die seun het saam met sy sussie in die riviermond gespeel en sy liggaam is onder die water ingetrek. Hy is spoedig deur lewensredders uit die water gehaal,” het Solomon-Johannes bygevoeg. Sumba is na Valsbaai-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Solomon-Johannes het gesê die agtjarige Luyanda Skafungana van Atlantis is by Melkbosstrand gered. “Die lewensredder aan diens het die seun uit die water gehaal en hom stabiliseer. Die seun en sy tannie het glo op die strand piekniek gehou,” het Solomon-Johannes gesê. Die seun is na Wesfleur-hospitaal in Atlantis geneem en is in ‘n stabiele toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.