‘Dronk’ bestuurder wat vyf drawwers doodry het glo probeer vlug

Die beweerde dronkbestuurder wat Saterdagoggend vyf atlete doodgery het in Midrand, het na bewering van die toneel probeer vlug na die ongeluk.

Rapport berig die vyf oorledenes is Moroesi Mokoatsi (34), Reneilwe Lesenyeho (31), Gaolojwe Isaac Tlale (37), Nomvula Dumako (35) en Given Mills (30). Abigail Stengile (29) veg intussen om haar lewe in die hospitaal. Die oorledenes het glo in gelid agter mekaar gedraf toe die bestuurder, glo ʼn 43-jarige meganiese ingenieur van Midrand, in die groep ingeploeg het. Die bestuurder het glo hierna probeer weghardloop maar is deur omstanders gekeer. Hy is deur die metropolisie in hegtenis geneem. Die atlete het glo vir die Soweto-marathon geoefen wat volgende maand plaasvind geoefen. Die voorval het omstreeks 6:15 Saterdagoggend in Leverweg plaasgevind. Die man sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.