Dronk spoedvraat op motorfiets gevang

ʼn Man is gevang wat Maandag onder die invloed van alkohol teen 201km/h op ʼn motorfiets op die N4 in Pretoria gejaag het, het die Gautengse verkeerspolisie gesê.

Hy het ook nie ʼn geldige rybewys gehad nie, het woordvoerder busaphi Nxumalo in ʼn verklaring gesê. Die hoëspoedeenheid het hom op ʼn Yamaha naby die Doornpoort tolplaza gevang. Hy sal met roekelose bestuur, bestuur sonder ʼn lisensie en van dronkbestuur aangekla word. Tydens die Paasnaweek is 70 motoriste in Gauteng in hegtenis geneem. Twee was onder die invloed van alkohol en ander het die spoedgrens oortree of roekeloos bestuur. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.