Dronk versorgster val Duitse bejaarde dood

suster matrone versorger‘n Bejaarde Duitse vrou is twee dae nadat haar dronk versorgster op haar geval het, in ‘n hospitaal aan haar beserings dood.

Die 91-jarige vrou kon nie meer sonder hulp loop nie, en die versorgingsoord waar sy gewoon het se versorgster moes haar help om die toilet te gebruik. Beide het egter geval, en die bejaarde het verskeie beenbreuke opgedoen.

Dit het geblyk dat die versorgster se alkohol in haar bloed 2,6 g/100 mg was.

Die Duitse departement van justisie het met ‘n strafregtelike ondersoek begin.

Bron: ANP via Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Babs ·

Moet dit nie lees versorger? Man of vrou is ‘n versorger. Soos daar nie meer aktrises, bestuurderesse en onderwyseresse is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.