‘Dronkbestuurder’ beseer metropolisiebeamptes

ʼn Vermeende dronkbestuurder is in hegtenis geneem nadat hy vroeg Woensdagoggend teen die agterkant van ʼn metropolisievoertuig in Roodepoort, Johannesburg, vasgery het.

Die ongeluk het kort ná middernag op die hoek van Ontdekkers- en Gordonweg plaasgevind, het Edna Mamonyane, ʼn woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “Daar was drie beamptes in die voertuig en almal moes na ʼn hospitaal geneem word vir verdere behandeling. Een is in ʼn ernstige toestand en die ander twee het ligte beserings opgedoen,” het Mamonyane gesê.

Die man verskyn later vandag [Woensdag] in die hof op ʼn aanklag van dronkbestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

javr ·

Is dit nie die Metro polisie se slaaptyd nie? Wat soek hulle op die pad? hie hie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.