“Dronkbestuurder” ry fietsryer dood

ʼn 60-jarige fietsryer is Saterdag in Lichtenburg deur ʼn beweerde dronkbestuurder doodgery.

Kapt. Amanda Funani, ʼn woordvoerder van Noordwes-polisie, sê die ongeluk het omstreeks 07:15 in Putfonteinweg plaasgevind. “Die man het vir sy daaglikse fietsrysessie gegaan toe die bestuurder van ʼn Mazda-bakkie beheer oor sy voertuig verloor en teen die fietsryer gebots het. Die fietsryer is op die toneel dood,” het Funani gesê.

Die 21-jarige bestuurder is na die plaaslike hospitaal geneem vir bloedtoetse. Daar word beweer dat die bestuurder vanaf ʼn kroeg op pad was huis toe, toe die voorval plaasgevind het. Die bestuurder is in hegtenis geneem en verskyn Maandag in die Lichtenburg-landdroshof op aanklag van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.