Droogte teister Noordwes-boere

Argieffoto

Boere in die sentrale deel van Noordwes het na beraming reeds skade ter waarde van R2 miljard gely weens die heersende droogte.

Boeta du Toit, Agri Noordwes se uitvoerede hoof, sê egter boere in die westelike deel van die provinsie is nog erger af, het Beeld Donderdag berig.

“Soos wat die oes inkom, word dit al hoe meer duidelik dat ons boere nóg slegter daaraan toe is as wat aanvanklik vermoed is. In die sentrale deel van die provinsie het boere omtrent 50% van hul mielie-oes verloor,” het Du Toit gesê. Du Toit sê skade aan die provinsie se sonneblom-oes is omtrent dieselfde. Na wat berig word, moes boere in die westelike streek noodgedwonge hul troppe vee verminder teen lae pryse.

“Benewens die situasie met die swak of geen oeste, het die boere se insetkoste die afgelope jaar met 19% gestyg. Dit sluit nie die verhoging van meer as 50% in die minimum loon van plaaswerkers in nie,” het Du Toit bygevoeg.

“Die meeste dorpe in die landelike gebiede is afhanklik van landbou, dit is die grootste werkskepper in dié gebiede.”

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.