Dubbeldekker-snelweg oorstroom in JHB

Motoriste moet glo die dubbeldekker M1 suid van Newtown in Johannesburg vermy omdat die pad laat Vrydagmiddag deur reën oorstroom is.

“Daar is slegs een baan vir verkeer oop en dit veroorsaak dus ‘n geweldige verkeersopeenhoping,” het hoofsup Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. “Motoriste kan van die M2 of N1 as alternatiewe roetes gebruik maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.