Dubbele vreugde vir Karlien en Derick

Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard by die Ghoema-toekennings 2013 Foto: @ghoema2013 op Twitter

Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar rugbyspeler-man, Derick Hougaard, het ʼn dubbele verrassing gekry toe hulle Dinsdag die ginekoloog vir hul swangerskap-sonar besoek het.

Karlien en Derick het uitgevind dat hulle ʼn tweeling verwag. Karlien het Dinsdag die nuus verbloem deur te twiet: “Die sonar was WONDERLIK WONDERLIK AMAZING AMAZING”. Sy het Donderdag die nuus op Twitter bevestig: “Dankie vir almal se seënwense vir ons twee babatjies. Dis ʼn wonderlike voorreg. Ek bid God se beskerming oor hulle”.

Derick het geskryf: “So ‘n groot blessing. :) :) :) Dankie almal vir julle bitterlike mooi boodskappe… Voel so opgewonde!!”

Karlien het op 10 Junie uitgevind sy is swanger. “Daar is ‘n klein Hougaard op pad,” het sy getwiet.

Ronel Brink, Karlien se ma en bestuurder, het Donderdag ook die nuus telefonies aan Maroela Media bevestig. “Dit gaan baie goed met Karlien. Ons bid God se seën oor die swangerskap,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Berita Drescher ·

Veels geluk…..hoop daar is n poppie vir Karlien en n rugbyspelertjie vir Derick! Brei Oumas brei!

Annette ·

Dis wonderlike nuus – ons bid vir goeie gesondheid en dat die 2jies gesond sal wees. Baie baie geluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.