‘Duidelikheid oor Nkandla-verslag nodig’

Zuma-Nkandla-5502-320x190Die Vryheidsfront Plus sê hy soek duidelikheid van Thuli Madonsela, openbare beskermer, rakende die bevindings in haar ondersoek na president Jacob Zuma se Nkandla-woning in KwaZulu-Natal.

Dele van Madonsela se verslag, wat glo uitgelek het, is Vrydag deur die Mail & Guardian in ʼn artikel gebruik. “Dit is tyd dat die bewerings en ontkennings rakende die uitgelekte Nkandla-verslag uitgeklaar word in belang van Suid-Afrika,” het Pieter Groenewald, parlementêre leier van die VF Plus, in ʼn verklaring gesê. Groenewald sê die party wil weet of die uitgelekte verslag die een is wat deur Madonsela opgestel is. “Die kwessie, waarin die land se staatshoof beskuldig word van bedrog en korrupsie, is baie ernstig. Dit kan slegs opgelos word indien [Madonsela] ʼn behoorlike en omvattende verslag so gou as moontlik vrystel sodat almal die ware stand van sake kan weet.” Bantu Holomisa, leier van die UDM, sê daar is genoegsame inligting oor Nkandla om die denkwyse van kiesers te verander. “Dit is nie nodig om bo redelike twyfel te bewys dat daar iets verdag is rakende die ontwikkelings by Nkandla nie.”

Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat Madonsela se verslag wys dat Zuma wel persoonlik gebaat het by opgraderings aan sy Nkandla-woning ondanks die regering wat volhou dat die opgraderings noodsaaklik was vir Zuma se veiligheid. Die regering hou vol dat die opgraderings noodsaaklik was vir Zuma se veiligheid maar Madonsela het glo bevind dat ʼn swembad, besoekerssentrum, amfiteater, ʼn kraal, ʼn markiestent terrein, plaveisel en nuwe huise vir familielede ook deel uitgemaak het van die opgraderings teen ʼn “enorme koste” vir belastingbetalers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.