Die Vryheidsfront Plus sê hy soek duidelikheid van Thuli Madonsela, openbare beskermer, rakende die bevindings in haar ondersoek na president Jacob Zuma se Nkandla-woning in KwaZulu-Natal.
Dele van Madonsela se verslag, wat glo uitgelek het, is Vrydag deur die Mail & Guardian in ʼn artikel gebruik. “Dit is tyd dat die bewerings en ontkennings rakende die uitgelekte Nkandla-verslag uitgeklaar word in belang van Suid-Afrika,” het Pieter Groenewald, parlementêre leier van die VF Plus, in ʼn verklaring gesê. Groenewald sê die party wil weet of die uitgelekte verslag die een is wat deur Madonsela opgestel is. “Die kwessie, waarin die land se staatshoof beskuldig word van bedrog en korrupsie, is baie ernstig. Dit kan slegs opgelos word indien [Madonsela] ʼn behoorlike en omvattende verslag so gou as moontlik vrystel sodat almal die ware stand van sake kan weet.” Bantu Holomisa, leier van die UDM, sê daar is genoegsame inligting oor Nkandla om die denkwyse van kiesers te verander. “Dit is nie nodig om bo redelike twyfel te bewys dat daar iets verdag is rakende die ontwikkelings by Nkandla nie.”
Die Mail & Guardian het Vrydag berig dat Madonsela se verslag wys dat Zuma wel persoonlik gebaat het by opgraderings aan sy Nkandla-woning ondanks die regering wat volhou dat die opgraderings noodsaaklik was vir Zuma se veiligheid. Die regering hou vol dat die opgraderings noodsaaklik was vir Zuma se veiligheid maar Madonsela het glo bevind dat ʼn swembad, besoekerssentrum, amfiteater, ʼn kraal, ʼn markiestent terrein, plaveisel en nuwe huise vir familielede ook deel uitgemaak het van die opgraderings teen ʼn “enorme koste” vir belastingbetalers.
Zuma is glo beveel om miljoene terug betaal van belastingbetalers geld wat gebruik is vir Nkandla! Is dit waar? Sien berig onder,
http://www.dailymail.co.uk/news/article-2515727/Jacob-Zuma-ordered-repay-Taxpayers-money-spent-home-improvements.html#article-2515727
Terugbetaling sal nie in hierdie leeftyd of ooit gebeur nie!!!!