Duiker verdrink in Henley-on-Klip

‘n Man het Woensdagaand verdrink in ʼn rivier naby Henley-on-Klip in Meyerton aan die Oos-Rand terwyl hy geduik het.

ʼn Woordvoerder van ER24, Derrick Banks, sê die man in sy 20’s het glo vir ontspanning geduik Woensdagaand toe hy in die moeilikheid beland het. Banks sê mense op die toneel het mond-tot-mond-asemhaling op die man toegepas aangesien hy nie asem gehaal het nie. “Paramedici het die man ook probeer bybring maar hy is na ʼn lang gespook dood verklaar.” Banks sê dit is nie duidelik wat gebeur het nie aangesien die man nie in diep water was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.