Duikers haal vyf lyke uit Costa Concordia

Die luukse passasierskip, Costa Concordia, aan die weskus van Italië

Skubaduikers het Maandag vier van die vyf lyke wat verlede week in die wrak van die Costa Concordia opgespoor is, uitgeduik, het reddingsbeamptes in Italië gesê.

Sapa berig dat die vyf lyke, wat nog uitgeken moet word, Donderdag opgespoor is. “Een van die lyke wat op 22 Maart opgespoor is, moet nog uitgehaal word,” het die Burgerlike Beskermingsdiens in ʼn verklaring gesê. Die Costa Concordia het op 13 Januarie naby die eiland Giglio, naby Italië se weskus skipbreuk gely. Dertig mense is dood verklaar terwyl twee steeds vermis word.

Die skip se kaptein, Francesco Schettino, is onder huisarres en staar ʼn aanklag van mansslag in die gesig na die voorval en aangesien hy die skip verlaat het voordat die ongeveer 4 200 passasiers en bemanning veilig die skip verlaat het. Aanklaers sê die skip het rotse getref toe dit gevaarlik naby aan Giglio gevaar het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.