Duisende besoek Uniegebou om Mandela te groet

Mandela se liggaam word Vrydagoggend vir die laaste keer van 1 Miliêre Hospitaal na die Uniegebou vervoer Foto: kapt. Matthew de Jager/SANW/SAPA

Mandela se liggaam word Vrydagoggend vir die laaste keer van 1 Miliêre Hospitaal na die Uniegebou vervoer Foto: kapt. Matthew de Jager/SANW/SAPA

Meer as 84 000 mense het hulde gebring aan oud-president Nelson Mandela tydens die drie dae wat sy liggaam in staatsie gelê het by die Uniegebou in Pretoria.

“Meer as 50 000 mense het Vrydag eer betoon aan ons nasionale ikoon,” het Phumla Williams, waarnemende woordvoerder vir die regering, gesê.

Die stad Tshwane het gesê meer as 20 000 mense het Donderdag in ‘n ry gestaan vir ‘n geleentheid om Mandela te groet. Tussen 12 000 en 14 000 mense het die liggaam Woensdag aanskou. Williams het beraam dat twee mense elke drie sekondes verby die kis gestap het.

‘n Stormloop het Vrydag byna by die parkeer-en-ry-fasiliteit by die Pretoria Skougronde plaasgevind toe die roubeklaers gehoor het dat die fasiliteit omstreeks 11:00 gesluit sal word toe kapasiteit bereik is.

Mandela se liggaam word Saterdag van Waterkloof-lugmagbasis na die Oos-Kaap vervoer waar hy Sondag tydens ‘n staatsbegrafnis in Qunu begrawe word.

‘n Nege meter hoë standbeeld van Mandela word Maandag deur pres. Jacob Zuma by die Uniegebou onthul.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.