Duisende bymekaar in Pta vir Vryheidsdagvieringe

Foto: @Abramjee/Twitter

Duisende mense het Saterdagoggend op die gras voor die Uniegebou in Pretoria bymekaargekom vir die amptelike viering van Vryheidsdag.

Vanjaar se tema is: “Die mobilisering van die gemeenskap vir die konsolidering van ons demokrasie en vryheid”. President Jacob Zuma, adjunk-president Kgalema Motlanthe, hoofregter Mogoeng Mogoeng en Max Sisulu, speaker van die parlement, het onder ʼn wit tent op die grasperk gesit. Zuma sal later vandag ʼn toespraak lewer. Hy sal ook later nasionale ordes aan 38 mense toeken. Die Olimpiese swemkampioen Chad le Clos, die chirurg wat Pippie Kruger se veloorplanting gedoen het dr. Ridwan Mia en die stigter van Crime Line en hoof van Primedia Yusuf Abramjee is van die mense wat tydens die geleentheid vereer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.