Duisende by ENB-stadion vir Mandela se gedenkdiens

Die sanger en filantroop, Bono, en aktrise Charlize Theron by die gedenkdiens Foto: Alex Eliseev, Twitter (@alexeliseev)

Die sanger en filantroop, Bono, en aktrise Charlize Theron by die gedenkdiens Foto: Alex Eliseev, Twitter (@alexeliseev)

Tienduisende Suid-Afrikaners en bekendes het Dinsdagoggend, ondanks die reën, by die ENB-stadion in Soweto opgedaag vir die gedenkdiens vir oud-president Nelson Mandela.

Graca Machel, Mandela se weduwee, het saam met ʼn paar ander vroue by die stadion opgedaag. Mandela se kleinseun, Ndaba Mandela en ander familielede, het ook opgedaag.

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en sy kollegas van die groep wat as Die Ouderlinge bekend staan, is ook by die stadion. Mandela was ʼn stigterslid van dié groep.

Tutu, voormalige president van Finland Martti Ahtisaari, voormalige hoof van die Verenigde Nasies Kofi Annan, voormalige president van Amerika Jimmy Carter en voormalige president van Israel Mary Robinson, het mekaar se hande vasgehou terwyl hulle na ʼn hysbak beweeg het.

David Cameron, eerste minister van Engeland, is reeds in gesprek met die media.

Charlize Theron, Suid-Afrikaans gebore aktrise en Oscar-wenner, en die sanger en filantroop Bono het ook vir die diens opgedaag.

Pres. Jacob Zuma en sy gevolg en senior lede van die ANC is ook reeds by die stadion.

Robert Mugabe, president van Zimbabwek, Goodluck Jonathan, president van Nigerië, Pranab Mukherjee, president van Indië, en Raul Castro Ruz, president van Kuba, is van die staatshoofde wat ook by die stadion is.

Mandela se vriende, Ahmed Kathrada en George Bizos, het ook opgedaag.

Voormalige president FW de Klerk en sy vrou Elita Georgiades woon ook die gedenkdiens by.

Francois Pienaar, voormalige Springbok-kaptein, het sy formele Springbok-baadjie aan. Hy sit langs Jean de Villiers, die huidige kaptein.

Volg die gedenkdiens regstreeks:
http://www.youtube.com/watch?v=dbIhuEyo0sI&feature=share

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

En daar kry ons pres. Zuma n groot Boooo! van sy eie mense met sy aankoms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.