Duisende kyk video van plaasaanval

plaasaanval op video

Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het intussen kommentaar gelewer op die reaksie wat die plaasaanval-video uitgelok het. Klik hier om sy artikel te lees.

Die beeldmateriaal van ʼn plaasaanval wat Maandag deur AfriForum bekendgemaak is, is teen Woensdagoggend meer as 150 000 keer gekyk.

Maroela Media het Maandag hieroor berig, waarna die video soos ʼn veldbrand versprei het. Kyk die video hier.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Woensdag aan Maroela Media gesê hy is bly die video word so baie gekyk, al bevraagteken sommige mense die egtheid daarvan. “Ek dink die doel is bereik om bewustheid te skep. Ek wens net meer mense in die buiteland wil dit kyk sodat die boodskap daar kan versprei oor wat op Suid-Afrikaanse plase aangaan.”

Intussen het die boer van Schweizer-Reneke in Noordwes wat ‘n video aan AfriForum gegee het, aan OFM gesê mense maak ‘n fout as hulle die egtheid van die beeldmateriaal in twyfel trek.

Die 66-jarige boer, wat weens verskeie redes anoniem wil bly, het gesê die beeldmateriaal kom net so van die hardeskyf van sy veiligheidskameras af. Die diefwering waar die betreders ingeklim het, is ook steeds stukkend. Klik hier om na ʼn klankgreep van sy onderhoud te luister.

AfriForum het aangekondig die beeldmateriaal sal deel vorm van ‘n voorlegging oor plaasmoorde wat die burgerregte-organisasie  op 26 en 27 November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland gaan indien. Ernst Roets, AfriForum se adjunk uitvoerende hoof, het Maandag na Europa vertrek en sal die voorlegging saam met Alana Bailey, mede-adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, voorlê.

Lees ook:
Video oor plaasaanval ís eg, sê AfriForum
Video: Sekuriteitsvideo-opname van plaasaanval
AfriForum stel opname van plaasaanval beskikbaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trippie ·

BAIE DANKIE AFRI-FORUM en ook innige dank aan die boer wat die video beskikbaar gestel het vir verspreiding en bewusmaking van wat hier KON gebeur het.

Dank die Vader die mense het dit oorleef.

Albert ·

Dis lankal tyd dat TV kanale hier sowel as in die buiteland vir Zuma op die skerms kry en hy moet rekenskap gee waarom hy liedjies soos “bring my masjiegeweer’ sing.

Hy kom doodeenvouding net met alles weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.