Duisende leerlinge in Wes-Kaaps raak jaarliks swanger

Argieffoto

Nagenoeg 2 000 leerlinge raak jaarliks in die Wes-Kaap swanger. Van dié leerlinge keer net ʼn derde terug skool toe nadat hulle geboorte geskenk het, berig die Cape Times.

Paddy Attwell, die woordvoerder van die provinsie se departement van onderwys, sê 2 097 leerlinge het in 2011 swanger geraak in vergelyking met die 2 108 leerlinge wat in 2010 swanger geraak het.

Die Kaapse Wynlande het die hoogste aantal leerlinge gehad wat swanger geraak het. Attwell sê die departement het ʼn beleid ontwikkel wat riglyne en ondersteuning aan skoolhoofde en swanger leerlinge verskaf om seker te maak dat die leerlinge in skole bly en matriek klaar maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.