Duisende mense in Kaapstadse hawe gestrand

Foto: The Big Issue South Africa, Facebook

Sowat 2 000 mense is tans op ʼn luukse skip in die Kaapse hawe gestrand.

Die vaartuig moes Woensdag reeds na Walvisbaai in Namibië vertrek het, maar is weens die sterk wind in Kaapstad steeds gestrand, berig EWN.

Alle winkels en casino’s aan boord is gesluit. “As hulle die winkels die casino toegelaat het om oop te bly, kon ons tot Maandag normaal funksioneer, maar nou is ons vasgekeer,” het Fred Hofman, ʼn passasier aan boord die Sinfonia, gesê. “Boonop wil immigrasie nie toelaat dat ons die skip verlaat nie en die kaptein wil, weens die sterk wind, nie die hawe verlaat nie.”

Intussen saai die Kaapse Dokter chaos regoor die Skiereiland, en ʼn dak van ʼn huis is reeds afgewaai.

“Die windspoed is tans reeds 20 knope – dit is sowat 35/40 km/h en sal deur die loop van die dag tot sowat 35 knope, of 60 km/h toeneem,” het Henning Grobler, weervoorspeller, gesê. Rukwinde in die middestad Donderdag het mense omgewaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.