Duisende na Thatcher se begrafnis genooi

Barones Margaret Thatcher

Amptenare van Engeland het Vrydag begin om 2 000 uitnodigings vir die seremoniële begrafnis van Margaret Thatcher, die “Ystervrou” van Engeland wat Maandag gesterf het, te stuur.

Vername mense wat die gastelys gehaal het, strek van voormalige Amerikaanse presidente en Britse eerste ministers tot bekendes soos Jeremy Clarkson, ʼn aanbieder van die televisieprogram Tog Gear. Koning Elizabeth II en haar man, prins Philip, het reeds bevestig dat hulle die begrafnis gaan bywoon.

Die tipe begrafnis wat Thatcher gaan kry, is dieselfde as dié wat prinses Diana en die koninklike moeder ontvang het en is byna so luisterryk soos die staatbegrafnisse van monarge en mense soos Winston Churchill, die Tweede Wêreldoorlog-premier.

Thatcher word Woensdag uit die St. Paul-katedraal in Londen begrawe.
Maroela Media het Maandag berig Thatcher (87) het weens ʼn beroerte gesterf.

Lees ook:
Margaret Thatcher gaan soos Diana, koninklike moeder vereer word
Nuuskommentaar: Eras van Thatcher en Mandela
Margaret Thatcher, die Ystervrou, sterf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.