Duisende ondersteun Solidariteit se dispuut teen Beeld

'n Skermskoot uit 'n koshuisgroet-video.

‘n Skermskoot uit ‘n koshuisgroet-video.

Duisende mense het Donderdag al aan Solidariteit se #propuk-veldtog deelgeneem om die beweging se dispuut teen Beeld te ondersteun.

“Meer as 34 000 mense het reeds teen Donderdagmiddag om 15:00 die webwerf, propuk.co.za, besoek en 6 852 het die petisie onderteken,” het Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, Donderdag aan Maroela Media gesê. “Ons is verheug met die ondersteuning wat ons tot dusver ontvang het. Ons is tans in belowende gesprekke met verskeie Afrikaanse organisasies gewikkel en hoop om binnekort verdere aankondigings te kan maak.”

Buys het Woensdag ʼn ope brief aan Tim du Plessis, hoof van Afrikaanse Koerante by Media24 gerig, weens ‘n vertrouensbreuk wat ontstaan het oor die manier waarop die koerant beriggewing oor studenteaktiwiteit by die Puk hanteer het. Buys verklaar ʼn dispuut met Beeld en versoek Afrikaanssprekendes om nie meer dié koerant te koop totdat die dispuut opgelos is nie. Klik hier om meer te lees.

“Die steun wat ons tot dusver met die #ProPuk-veldtog ontvang het, is werklik verblydend,” het Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, aan Maroela Media gesê. “Afrikaanse mense is duidelik diep teleurgesteld in Beeld se redaksionele oordeel. Wat veral wonderlik is, is hoe die steun vir die veldtog uit soveel verskillende oorde kom – selfs mense wat nooit aan die Puk studeer het nie, stem saam dat ‘n Afrikaanse universiteit nie op so ‘n roekelose wyse met kunsmatige joernalistiek afgetakel kan word nie. Van alles is ons egter die blyste oor hoe die studente self ook opgestaan het en reeds duisende handtekeninge ter ondersteuning van die Puk en teen media-wanvoorstellings ingesamel het.”

Die publiek kan die brief op die webwerf onderteken en die veldtog verder ondersteun deur nie meer Beeld te koop totdat die dispuut opgelos is nie.

Daar word baie kritiek uitgespreek op sosiale media deur mense wat reken Solidariteit maak ʼn fout om te vra dat Afrikaanssprekendes die koerant moet boikot. Klik hier om meer te lees.

Lees ook:
Puk-studente begin eie veldtog
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit se #ProPuk-veldtog
Puk-groet: Beeld reageer op Solidariteit se dispuut
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: ‘Ons sal nie menseregteskendings duld nie’
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet: ‘n G*tslag vir Afrikaans’n
Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eugenie ·

Meer as 34 000 mense met meer as een breinsel. Dankie julle! Dis nou wat ons saamstaan noem.

Eugenie ·

34 000 Mense met meer as een breinsel, pragtig, dankie, dit wil gedoen word.

Willie ·

Tim d P was nog al die jare anti blank. hy is so diep in die hudige regering se gat gekruip, sy skoene steek nie eers uit nie. maar sy kop is die eerste wat sal waai as daar werklik moeilikheid moet kom in hierdie land.

Willie ·

Tim d P was nog al die jare anti blank. Wat verwag julle van hom ??

Gert ·

Dankie tog vir Solidariteit wat op nugtere en beskaafde wyse ons Afrikaners se belange verdedig.

johannes froneman ·

Die verwysing na Tim du Plessis is benede peil en sê nogal iets van hierdie vurige pro-Pukke. Kortom, ek assosieer my 100ps met ‘n Afrikaanse Puk en werk al 23 j daar. Maar die gebrek aan begrip vir waaroor die berigte en kritiek regtig gegaan het, is teleurstellend. Ek en ander steun die rektor. En julle?

johannes froneman ·

Breinselle daar gelaat. Die belediging van Tim is benede peil. Moet regse standpunte so dikwels met kruheid gepaard gaan?

David Jacobs ·

Kommentaar deur die president van SA, sy ministers en media vriende moet maar in die konteks van stamdanse beoordeel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.