Duisende polisielede ly aan depressie

Meer as 10 000 polisielede ly aan depressie en ʼn verdere 2 700 aan posttraumatiese stres as gevolg van stresvolle werksomstandighede.

Só sê Nathi Mthethwa, die minister van polisie. Hy het dié skokkende statistiek Donderdag bekend gemaak tydens die opening van ʼn kantoorblok van Polmed, die polisie se mediese skema.

Volgens Nthethwa maak baie lede nie gebruik van die voordele vir psigoterapie wat hul mediese skema bied nie, omdat dit as ʼn swakheid beskou word om van dié tipe dienste gebruik te maak. “Sulke wanpersepsies moet uit die weg geruim word,” het hy gesê. Hy het ʼn beroep op polisie-vakbonde gedoen om hul lede aan te moedig om van die hulpbronne vir sielkundige hulp wat tot hul beskikking is, gebruik te maak.

“In verskeie gevalle is beamptes nie emosioneel en sielkundig daartoe in staat om stresvolle situasies, wat voortdurend voorkom, te hanteer nie. Dit het katastrofiese gevolge vir hul psigiese gesondheid,” het hy gesê.

Hy het lede ook aangemoedig om gereeld vir beradingsessies te gaan om te “ontlont”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.