Duisende polisievuurwapens vermis

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het bekendgemaak dat meer as ʼn duisend polisievuurwapens sedert die begin van verlede jaar vermis of verlore geraak het.

Mthethwa het dit bekendgemaak na ʼn parlementere vraag van Dianne Kohler-Barnard, die DA se skadu-minister van polisie. Mthethwa het ook bekendgemaak dat slegs sowat 170 van die vuurwapens teruggekry is. Volgens Kohler-Barnard het daar sedert die begin van 2007 ʼn totaal van 13 137 polisievuurwapens vermis of verlore geraak. Kohler-Barnard sê die vuurwapens word moontlik gebruik om misdade te pleeg. “Die realiteit is dat die polisie die onwettige handel in vuurwapens in die land aanvuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.