Dagga met ʼn straatwaarde van nagenoeg R200 000 is Sondagaand tydens ʼn padblokkade in Heidelberg, Gauteng, gevind.
Luitenant-kolonel Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê vier mense is gevolglik in hegtenis geneem.
“Dié padblokkade was die eerste van ʼn reeks misdaadvoorkomingsstrategieë wat in die oploop tot die feesseisoen opgeskerp gaan word,” het Dlamini gesê.