Duisende rande se dagga by padblokkade gekry

Dagga met ʼn straatwaarde van nagenoeg R200 000 is Sondagaand tydens ʼn padblokkade in Heidelberg, Gauteng, gevind.

Luitenant-kolonel Lungelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, het Maandag gesê vier mense is gevolglik in hegtenis geneem.

“Dié padblokkade was die eerste van ʼn reeks misdaadvoorkomingsstrategieë wat in die oploop tot die feesseisoen opgeskerp gaan word,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.