Duisende sonder elektrisiteit ná storms in Amerika

Foto: Reuters

Twee mense is dood en meer as 100 000 huise en ondernemings in New York, Ohio en Pennsylvania is Vrydagoggend sonder elektrisiteit gelaat ná erge donderstorms in dié gebied.

‘n Tornado in Elmira, New York, het bome ontwortel en dakke van huise afgewaai, het die nasionale weerdiens gesê. Beamptes in Pennsylvania en New York het twee storm-verwante sterftes aangemeld. ‘n Vrou wat in Genesee, Pennsylvania, gekamp het, is dood toe sy in haar motor skuiling gesoek het en ‘n boom daarop geval het. ‘n 61-jarige man in New York City is dood toe ‘n steierwerk by ‘n kerkgebou op hom geval het. “Dis moontlik dat weerlig die gebou getref het, sommige bakstene het gevolglik op die steierwerk geval en die steierwerk het uiteindelik op die slagoffer ineengestort,” het ‘n woordvoerder van die polisie gesê.

Meteoroloë sê winde van sowat 113 km/h is in Ohio, Kentucky, Pennsylvania en Oklahoma aangemeld.

Volgens FlightAware, is sowat 900 vlugte Donderdag gekanselleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.