Duisende vas vir dronkbestuur

Duisende motoriste is sedert 1 Desember vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Tiyani Rikhotso, woordvoerder van die departement van vervoer, sê meer as 2 100 motoriste is reeds sedert die begin van die feesseisoen vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Rikhotso sê dronkbestuur en spoed was die “gemene delers” in talle van die noodlottige ongelukke op die land se paaie. Die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) sê meer as 1 200 mense het sedert 1 Desember op die land se paaie gesterf. Die feesseisoen begin op 1 Desember en kom op 10 Januarie tot ʼn einde. Die RTMC sal hierna die finale getal sterftes op die land se paaie bekend maak. Dit blyk egter of die sterftesyfer vanjaar hoër kan wees as in vorige jare. The Star het gister berig dat 1 261 mense tydens Desember 2006/Januarie 2007 op die land se paaie gesterf het waarna dit in die daaropvolgende jare redelik afgeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.