‘n Nagklub in Wurtzburg, Duitsland, moes ontruim word toe ‘n vroulike besoeker in die kleedkamer ‘n kannetjie pepersproei vir deodorant aangesien het, en op haarself gespuit het. Sy het die kannetjie uit ‘n vriendin se handsak geneem.
Die twee vroue se oë is gewas. Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die vroue van nalatigheid aangekla kan word. Die pepersproei wat in Duitsland bemark word, se konsentraat is oor die algemeen baie laag, en die meeste ongerief aan die ander besoekers is waarskynlik eerder deur die dryfmiddel as pepersproei self veroorsaak.
Bron: Breitbaart.com